Mobi Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

maranata - Topics
Create Your Own App Store

* maranata > Topics


Subject: Lofprysing
Replies: 3 Views: 1175

endtimes 28.03.08 - 06:37am
Kom laat ons saam die Here loof en prys, kom ons gee eer aan God se naam. Gebed en lofprysing is baie effektief wanneer mens op jou swaktste is, midde in n aanval en versoeking. Dit lig ons in die geestelike dimensie van God en Sy glorie en dit is wanneer die hemele tot stilswye kom, om te luister hoe een sondaar op aarde in sy ergste verdrukking uitroep na God en Hom loof en prys. *

endtimes 28.03.08 - 06:56am
Here, U is God Almagtig! Daar is niks wat onmoontlik is by U, God wat hemel en aarde geskep het en als wat daarin is. U is waardig om geprys te word, U alleen is God, daar is nie een soos U! U liefde is nimmereindig, ek wil u loof met my hele hart, siel en liggaam Here, met alles wat in my is wil ek U lof bring en eer. U is Here van die leerskare, daarom vra ek U om my en my geliefdes en vriende te beklee met U volle wapenrusting, sodat ons staande mag bly in die dag van onheil. Kom skep in my n nuwe hart o Heer, en neem nie U Heilige Gees weg van my. Gee my meer van U Gees my Here, en minder van my. Ek verhoog U naam Here God Almagtig, die naam bo alle name, want U is die Koning van alle konings, ek wil jubel en juig voor U Here, want U is barmhartig en genadig, U is heilig en U was ons skoon in U bloed. My trane hou U in n kruik, U ken my sit en opstaan, waar ek ookal gaan, U is daar. Laat als wat asem het die Here loof! Halelujah! Prys U grote Naam! Jesus is Here! *

sadrag 28.03.08 - 07:00am
Hemelse Vader ek prys u vir die maatjies wat u oor my pad gebring het.dankie Grote Koning *

batchelo 12.04.08 - 07:14pm
VADER,wat woon in d Hemele,Geheilig sy U NAAM.Laat U Koninkryk kom.Laat U Wil geskied.Op Aarde en Hemele.Vergeef ons skuld,soos ons ander vergewe.Gee ons ons dag se brood.Aan U behoort alles en kom alle eer en verheerliking aan U toe.Vir ewig en altyd.Amen. *


* Reply
* maranata Forum


Search:
topics replies


* maranata

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Create Your Own App Store